Tolbrug by Swinburne

Die brug oor die Wilgerivier by Swinburne is een van ons geskiedkundige provinsiale monumente waarvan baie min mense weet as gevolg van die bou van nuwe paaie. Dit staan ook bekend as The Border Bridge. Die grens tussen die Oranje-Vrystaat Republiek en die Britse kolonie van Natal was die Wilgerivier.

DSC_0936

Tydens die vroeë dae het verkeer van transportryers toegeneem en is daar groot kapsie gemaak wanneer die Wilgerivier in vloed was en dit byna onmoontlik was om deur die rivier te trek. Daar is veral gekla oor die driwwe oor die Wilge-, Elands-, Cornelisriviere en Holspruit. Die destydse regering het twee bruê gebou.

Die een was te Swinburne en die ander was ongeveer 10km verder na Bethlehem.  Die brug by Swinburne is op 23 Julie 1884 geopen. Die ander brug staan bekend as die Swalobrug. Ongelukkig vir die transportryers sou daar tolgeld gehef word vir die gebruik van die brug. Tolgeld is gehef tot 1905.

Friend newspaper mentioned the bridge as follows: “It is composed of three arches of thirty-tree feet 4 inches, and carries a roadway of eight feet wide, wit side walks of three feet each, to total breadth being sixteen feet. The approaches spread out gradually a thirty feet wide, are graveled with trap and iron-stone, and enclosed by a massive wooden fencing three feet six inches high. The parapets are solid stone capped by a handsome coping, and the whole structure is founded on solid sandstone foundation, one abutment partly resting also on a dyke running across the river.”

DSC_0943-1
Die Tolbrug soos huidiglik

In daardie dae was die brug grootendeels deur die transportryers gebruik wat goedere vervoer het tussen die hawe in Natal en die goudvelde aan die Witwatersrand. Dit was ‘n brug wat noodsaaklik was vir “wielverkeer”.

DSC_0945-1
Die brug waar die waens en rytuie die rivier oorgesteek het en tolgeld moes betaal.

Die publiek wat te voet of the perd gereis het, het steeds deur die vlakwater van die rivier gegaan om die tolgelde te vermy. Dit laat my nogal dink aan die alternatiewe paaie vandag waar daar ook nie tolgelde gehef word.

DSC_0947

Ongelukkig het Rinderpes uitgebreek. Rinderpes is ‘n doodelike siekte onder beeste  en die regering aan beide kante van die brug het die beweging van beeste beperk om verspreiding te verhoed. Die Transportryers het eenvoudig die Wilgeriver op ‘n veilige plek oorgesteek en die tolgeld en die verbod vermy.

Die wêreld gebruik van daardie dae – enige perd wat vier wit “stockings” gehad het kon die brug gratis oorsteek -was ook hier van toepassing  Vier-wit-voet-perde het baie gesogd geword en natuurlik ‘n groot mark geopen.

Dan was daar die Trippens-Hoogverraadsaak. Hierdie saak waarin W Bramley, – lid van die Volksraad vir die dorp Harrismith, ‘n Hollander, ‘n argumenteerde aan die gang gesit wat die koerantskrywers van die dae oorvloedige stof van lang artrikels in die nuusblaaie gegee het. Die hele affêre het gespruit uit die wanbetaling van drie pennie se tolgeld vir ‘n perd wat agteraan ‘n transportwa vasgemaak was. Dit was weliswaar ‘n nietige oorsaak, maar groot beginsels in in die spel gebring. Bramley is beskou as “een bemoeizieke man die ziech gaarne omtrent verschillende zaken laat horen” Die insident wat aanleiding gegee het to die kabable was dat ‘n sekere James Day ‘n transportryer van Umgene, Pietermaritzburg met sy wa by die tolkek by Swinburne aangkom. Agteraan die wa was ‘n perd vasgemaak wat saam met die wa geloop het. Day moes 5/- betaal, maar het geweier om die drie pennies vir die perd te betaal. Hy en De Witt, die tolgaarder het woorde gehad en De Witte het hom op Harrismith gaan aangekla. Hierop het Parsons, die hoofkonstabel en Van den Bosch, die balju, Day die volgende dag agterna gesit en teen die helling van Drakensberg, aan Natal se kant aangetref. Hulle het hom versoek om terug te kom na Harrismith. Day het sy wa in die sorg van ander gelaat – daar was destyds ‘n kwaai rooiwater-epidemie onder die beeste en het heeltemal vrywillig met Parson en Van den Bosch na Harrismith gegaan. Hy het die Maandag in die hof verskyn, maar die saak is teruggetrek.

Op Saterdag het hy in aanaraking met Bramley gekom wat ‘n brief aan David Erskine – Koloniale Sekratris van Natal geskryf het. Die brief is deur Day geonderteken. Dit is by die poskatoor geregistreer vir versending na onder andere ook die Natal Colonist. Die brief het soos volg gelees:

“On 10th April I passed the toll at Wilge River and was abused by the toll keeper there by call me ——Engli8shman, who moreover did his utmost to provoke me to commit an assault. I paid 5/- toll money for my wagon and the amount due for a lead horse, I sen over from Munger’aross the river to the toll keeper, who, however returned the money and lodge a complaint against me for avoiding the payment and breach of the peace. In consequence of this a warrant was issued an my apprehension took place in Natal. Mr Webb of Harrismith was present. I was obliged to leave my wagon and charge of a coloured boy (the trail not coming off till Monday 14th April and beside the detention I stand great ri8sk in suffering heavy losses owing to the prevailing epidemic amongst cattle. As I believe a gross outrage has been committed on my person as on the Colony of Natal, I have the honour to place myself as a British subject under the protection of the Natal government and to request efficient steps may be taken to obtain redress of my wrongs and losses. You will perceive the warrant is not endorsed by a Natal magistrate and does not come under the extradition treaty.

Op dieselfde dag het Day, op ‘n voorskrif van Bramley, ‘n brief aan die redakteur van die Natal Colonist gerig waarin hy sê dat die brief nie gepubliseer moet word nie, want die saak is onttrek.

Meneer Day trek verder maar Bramley word gearrestreer. Word van hoogverraad aangekla. Bramley het ongevreer twee maande in die tronk gesit en is toe op borgtog van 1000 pond vrygelaat. Bradley het nie gaan lê nie hy het opjeksies teen die een landros gehad en ‘n ander moes die regbank opneem. Bradley het ook objeksies teen de van die jurie gehad. Hy word toe toe verhoor die uitslag waarvan was dat hy onskuldig verlaar word en ontslaan is.

Die brug is ook van groot belang gewees tydens die Suid Afrikaanse Oorlog waar dit deur die Boere sowel as Britte daarvan gebruik gemaak het.

img109-1
Britse troepe span uit langs die Wilgerivier by die Tolbrug tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog.

 

Untitled-59
Die Wilgerivier by die brug het ‘n gunsteling plek geword om die motors van die tyd te was.     Baie dankie aan Biebie de Vos vir hierdie foto
Untitled-60
Vroeër dae was dit ook die plek om ‘n foto of twee te neem. Foto Biebie de Vos

Tot volgende keer

Hennie & Sandra

De Oude Huize Yard

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s