Al ooit gehoor van Devondale?
Die stasie is 25km vanaf Kameel. Vandag is daar min oor van die eens tuiste en besigheid van my Oupa Victor en Ouma Hester. Na hulle huwelik het hulle Devondale Store besit en in die huis langs die winkel gewoon. In die goeie dae van Devondale was daar die watertenks waar die stoomtreine water gevat het. Ek onthou nog die ou Convent wat een van die groot geboue in die omgewing was.
Wanneer daar by die familie op Kameel gaan kuier is, het oupa en ouma met die motorfiets en side-car gery.



Ek is seker hulle het by al die bekendes van die omgewing gekuier. Aunt Ethel (oupa se suster) en Uncle Rex Collins het, net oorkant die spoor op Devondale, gewoon. Ek is seker dat daar ook gekuier is by Uncle Alfi and Ant Nellie Fincham, wat op Kinderdam gewoon het. Ook onthou ek die Starkes van Curnow. Daar was die Barlow’s (my ouma en ouma aan moederskant) van Langverwag.
Pa Gerald het altyd vertel van die spook op Devondale – ouma en oupa het na die 4 uur tee gaan stap. Toe hulle terug kom was die tafeldoek onder die koppies en teepot uitgetrek en bo-oor alles gegooi, sonder dat iets uit sy plek was. Daar was natuurlik die fosfor-ligte op die drade waarvan Ma Floss vertel het.



Kameel het ‘n winkel gekry – Mr McKay se winkel. Mr McKay was natuurlik Tannie Glen se pa. Hy het vir jare die winkel besit, maar die beste was die stories oor die mak kraanvoël, Jock, wat almal gejaag het.

Die winkel is later jare deur Oom Daan en tant Lizzi bedryf. Nadat hulle vertrek het, het oom Russel en tannie Corrie Olewage die winkel bedryf. Later jare sou my ouers die winkel bedryf. Nadat hulle genoeg gehad het, het Patrick, my broer die winkel bedryf en later jare het hy dit verhuur. Toe die laaste huurders van die winkel hom, na vele kere gesoebat het om die winkel terug te neem, het hy die bul by die horings gepak en die deure van Wilrick Kontrei winkel geopen.

Daar was ook die Italiaanse kryggevangenes wat op die plaas kom uithelp het na die Tweede Wêreld Oorlog. Pa Gerald het hulle by Zonderwater gevangenes gaan haal en weer teruggevat. Renato het vir baie jare kontak met die familie gehou.


Oupa Victor is in 1954 oorlede en ouma het die Cafee langs die treinspoor begin.
Kameel is een van die dae ek en Hennie se nuwe tuiste ons hoop om in die voetspore van ons ouers, groot-ouers en geliefdes te kan stap.
Tot ‘n volgende keer
Sandra en Hennie
Omigoodness, beteken dit you’re leaving Harrismith and trekking to Kameel? That will be a big loss to HS!
LikeLiked by 1 person
Good morning things happened so fast. We sold our house and will move to Kameel end of August. A new chapter in our book
LikeLike
Well that’s sad but also exciting! Some people sommer sit and some people make things happen! We better warn Kameel to brace itself!!
All the very best and THANK YOU for the vooma and care and interest and involvement you injected into the old dorp.
LikeLiked by 1 person
Ek geniet altyd julle stories!alles van die beste met die trek Kameel toe !Eileen
LikeLike
Baie dankie Eileen. My grootste kopseer is die oppad😄
LikeLike
Baie dankie😄
LikeLike
Belewenis.. Het fit so baie geniet en ook die foto’s.. Ons voor vaders was ongelooflike mense met vasbyt en moed.. Baie vir al die vertel.. Julle gaan nuwe geskiedenis en lewe maak en julle lewens gaan so verryk word.. Jy.. Sandra en Hennie is 2 wonderlike mense.. Julle het my respek en be wondering!! Geluk en seën en ongelooflike ondervinding in KAMEEL!!
LikeLike
Baie dankie Elna die kiekies van ouds het n bekoring.
LikeLike
Jy is bevoorreg om al die fotos te besit, en sulke stories te deel. Voorreg om julle te ken.
LikeLike
Baie dankie Eddie dit is voorwaar n voorreg
LikeLike
Geniet die stories! Hoe lyk dit met n boek waarin al die stories is?
LikeLiked by 1 person
😊😊
LikeLike