Kameel Stoepstorie: Naamborde en Padpredikante wat elk sy eie storie vertel

Die lewe in die stad is altyd so vining. Jy moet jou haas van die een uiterste na die ander kant. Op die Platteland is dit heel ‘n ander storie. Hier is ‘n ander rustigheid wat ‘n invloed op almal het. Jy kom waar jy wil wees op jou eie pas. Jy maak gebruik van wat beskikbaar is. Die afgelope twee weke het ons ook hierdie spesiale bederf beleef. Die man wat vriendelik wuif maar sy fiets penorent hou. Ons het op stofpaaie gery, dan weer op ‘n heel oordentlike grondpad met kareebome langs die kant. Die Karee’s laat jou so half-en-half beskut voel teen die elemente daarbuite. Ons het op ‘n twee-spoor pad gery. Hier het almal tyd om te groet, beleefheid en oordentlikheid is aan die orde van die dag. Daar was natuurlik ook ‘n hoofweg en ‘n hobbelrige teerpad. Dan is daar natuurlik Randall wat sy vervoermiddel op die spore hou.

Ooral langs die paaie kom ons padpredikante teë. Elkeen dui ‘n rigting aan maar so ook vertel elkeen dat die pad na êrens lei. Die name laat ons glimlag want daar sal verseker nuwe stories wees om te vertel. Nuwe geleenthede en nuwe wind rigtings om in te slaan. Ons gaan nog baie rondrits dit is verseker.

Wanneer die son water trek is dit vir eers tyd om na Kameel terug te keer. Terug na die Huise tussen Treine en tussen Spore.

Tot volgende keer

Hennie en Sandra

5 Replies to “Kameel Stoepstorie: Naamborde en Padpredikante wat elk sy eie storie vertel”

      1. Gee daai Koekoeks ń Bells

        On Sat, 15 Dec 2018, 01:34 De Oude Huize and our new chapter at Kameel Huise tussen Treine en tussen Spore, wrote:

        > deoudehuizeyard commented: “Baie dankie vandag weer lekker rond gery en > dié wêreld uitgekyk ” >

        Like

Leave a Reply to deoudehuizeyard Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.